Walvisbaai en Kudus Rugby Spanne speel more hul laaste wedstryde by die huis

Kudus gaan môre alles in die stryd werp teen Wanderers, wanneer dié twee spanne mekaar in hul laaste ligawedstryde van die Premierliga die stryd aansê.
Kudus gaan sy tuisveldvoordeel mildelik gebruik. Kudus het nou wel nie die paal na die semi-finaal gehaal nie, maar die span gaan alles in die stryd werp en wys dat die Kudus-gees nog lank nie geblus is nie.
Wanderers het verlede naweek derde op die punteleer van die Premierliga gestaan en is saam met Unam, Western Suburbs en Walvisbaai Rugbyklub in die semi-finale.
Walvisbaai Rugbyklub pak onoorwonne Unam môre op die rugbyveld van die Walvis Bay Private High School aan. Hoewel ‘n wen of ‘n verloor nie nou meer vir een van die spanne kritiek is nie, sal Unam graag sy skoon rekord vir die seisoen wil verdedig. Uit sy dertien wedstryde van die Premierliga vanjaar het Unam alles gewen. Hy is ook met 19 punte voor op die punteleer.
Walvisbaai Rugbyklub sal na verwagting alles in die stryd werp om Unam darem net een keer met ‘n loesing huistoe te stuur.
So het die Premierliga tot nou vir die top 4 spanne verloop: 1. FNB Unam 1: 13 wedstryde gespeel. Al dertien gewen. Totaal van 73 drieë gedruk. Totaal van 25 drieë teen hul aangeteken. Totaal van 69 punte op die punteleer.
2. FNB Western Suburbs 1: 13 wedstryde gespeel. 9 wedstryde gewen en 3 verloor. 61 drieë aangeteken en 34 drieë teen hulle aangeteken. 50 punte op die punteleer.
3. FNB Wanderers 1: 13 wedstryde gespeel. 7 gewen, 5 verloor en 1 gelykop gespeel. Totaal van 61 drieë gedruk. Totaal van 37 drieë teen hul aangeteken. Totaal van 43 punte op die punteleer.
4. Walvisbaai Rugby klub 1: 13 wedstryde gespeel. 6 gewen en 7 verloor. Totaal van 39 drieë gedruk. Totaal van 49 drieë teen hul aangeteken. Totaal van 31 punte op die punteleer.

Comments are closed.