Vierkantklip is walglik……..

Vierkantklip is walglik……..

Die Namib Times is die afgelope naweek ingelig oor die walglike toestand waarin die openbare toilette by Vierkantklip verkeer. Vierkantklip is ‘n hanetree vanuit Swakopmund op die kuspad, en ‘n gewilde hengel- en kreefduikplek. Dit dit blyk of die publiek hul min kan steur daaraan om die toilette skoon en netjies agter te laat.
Hoewel dit maklik is om Jan Publiek die skuld te gee, is dit ook duidelik dat die persoon of instansie wat verantwoordelik is daarvoor om die toilette skoon te hou, nie veel erns aan die saak wy nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published.