Kushengelaars presteer in S.A.

Kushengelaars presteer in S.A.

Namibiese hengelaars het presteer tydens die Internasionale Hengeltoernooi wat plaasgevind het te Jeffreysbaai in Suid-Afrika, van 8 tot 10 Desember.
Moeilike omstandighede het geheers en as gevolg van die wetgewing dat daar nie op strande met voertuie beweeg mag word nie, moes die hengelaars kilometers te voet aflê om by geskikte hengelplekke te kom. In die Groot Meesters-kategorie, het Danie du Toit van Namibpark Hengelklub, daarin geslaag om die meeste vis te vang, en het hy dan ook as die kampioen-hengelaar in die kategorie geëindig. In die Meesters-afdeling vang Bertie Diedericks van Hentiesbaai Hengelklub die grootste vis en word hy gekroon as die kategorie se kampioen-hengelaar. In die Juniors o/16 eindig Gerhard Hough van Skeleton Coast Hengelklub tweede in sy kategorie. Die Gala-toernooi sal in 2016 in Namibië weer in Namibia aangebied word.

Leave a Reply

Your email address will not be published.