Kudus terug op veld in twee oefen wedstryde more

Kudus rugby klub speel môre hul eerste wedstryde van die jaar wanneer hul eerste en tweede spanne teen Vikings en Dolphin van Swakopmund te staan gaan kom in twee vriendskaplike wedstryde.

Die wedstryde dien as voorbereiding vir die 2019 seisoen wat op 30 Maart gaan afskop met Kudus se eersteliga wedstryd is teen Unam in Narraville. Môre se wedstryde op die Narraville stadion sal ook ‘n goeie aanduiding gee aan die afrigters van alle spanne oorwaar hul spelers se fiksheid is.
Kudu afrigters, Abraham Farmer en Romeo Reith, sal heel waarskynlik die kans gebruik om te sien watter spellers gereed is vir die Premier liga. Baie voorspellers het na die 2018 seisoen hul stewels opgehang en veral op die vastevyf posisies is Kudus maar dun gesaai.
Die verlede het bewys dat baie spellers eers wag vir wedstryde om te begin voordat hulle hul verskyning op die oefenveld maak en daar word gehoop dat na die naweek se wedstryde meer spellers sal opdaag of selfs die wat uitgetree het net hul vaardigheid kom deel met die jonger spellers.
Hoe dit ook al sy die tyd het aangebreek vir spellers soos Wikkie, Cody Naholo, Lorenzo Calacca, Wardo, Vossie en Beans om te wys dat hulle die volgende geslag spellers is om die Klub se naam hoog tehou.
Agterlangs borrel dit van jong talent wat oorgehaal is om te wys tot wat hulle in staat is. Heelwat nuwe agter spellers het die jaar aangesluit en sal sonder twyfel môre ‘n goeie voet wil voor sit.
Die eerste wedstryd tussen die span van Dolphin en Kudus skop om 15:00 af voordat Vikings en Kudus mekaar om 16:45 pak.
Verversings sal te koop wees. Kudus nooi die rugby liefhebbers uit om die dag te kom geniet. Hekgeld is N$20 per volwassene, N$10 per skolier en N$10 per motor.

You must be logged in to post a comment Login